Page 2 of 2

Re: Vibration in rearview mirror of background

Posted: 16 Jun 2014 19:26
by Jules
Ek ry more weer met my lorrie sal laat weet

Shalom

Re: Vibration in rearview mirror of background

Posted: 17 Jun 2014 09:44
by Jules
FEEDBACK

Vibrasie hoofsaaklik in die 80 - 100 km/h area, bo 100km.h is daar wel vebrasie maar nie so erg nie.

Oom Mac die lorrie het die vibrasie gehad voor ons nou die dag gaan offroad ry het, ek het die propshaft seker so n jaar terug laat balanseer en toe was hy hy fine, het my egter die laaste opgeval dat hy die spieel weer begin vibreer.

Ek moet net kyk op my invoice of hul toe ook universals ook vervang het ??

Het nou nog nie die onder die lorrie inkruip en bewegende en nie bewegende dele getoets nie

Shalom

Re: Vibration in rearview mirror of background

Posted: 17 Jun 2014 14:59
by Kagiso II
Vat hom reguit Propshaft winkel toe [a reputable one] dat hulle hom sommer oppi 'lift' trek en deurgaan ..
Ek het THOR s'n gedoen net voor k hom verkoop het -- en toe die wiele laat balanseer .. toe skud daai rooi helsem my amper van die pad af .. die *&^# by MOTORVISION het die wielbalansering heeltemal opge *****.. [toe laat hulle my WEER betaal vir wielbalansering - binne uur nadat hulle die eerste balansering gedoen het ??? ]
Sederdien raai ek almal af om eens naby MOTORVISION te kom ..

Wag .. nou dwaal ek af -- wat oompi wil se jules .. mat daai gedrag tussen 80 en 110 .. dis 90% propshaft en/of universals verwant.

Re: Vibration in rearview mirror of background

Posted: 23 Jun 2014 09:32
by Wilkie
More Jules
As jy met gewig in die voertuig ,nie vibrasie voel (hand op rat hefboom of in spieetjies sien nie ),maar wel as die voertuig leeg is ,moet jy maar kyk na daai droe kruis koppelinge !!!
die hoek van die dryf-as verander sodra daar gewig in die voertuig is ,en die hoek word minder en die dryf-as word reguiter

Ek het dieselfde problem nou net op GRX op getel

Groete

Re: Vibration in rearview mirror of background

Posted: 25 Jul 2014 16:31
by tour de frans
Jules
My patrol se spieels doen dit so van 200km/h af. Ek sukkel om n vibrasie op te tel op daai spoed. :biggrin:

Re: Vibration in rearview mirror of background

Posted: 26 Jul 2014 07:28
by David
Ha ha - teen daai spoed kyk ek lankal nie meer in my spieels nie! :lol: