Page 1 of 4

L28 Na RD28

Posted: 09 Jan 2018 11:12
by JacoBotes
Middag Julle

ek kom soek hulp...
ek het 'n Safari met die L28 gekoop vir my op die plaas, vorige eienaar het gese hy het die bakkie gery en gestop en dis waar hy staan engine makeer niks... needles to say is dit nie die geval nie. engine is uit en by Attie v Biljon in BFN vir strip en quote en die kostes gaan R30k+++ wees!

om 'n ander L28 of LD28 te kry is 'n gesukkel en ek wil graag eerder die Diesel roete gaan
Nou vra ek, het 1 van julle al die ombouing van L28 na RD28 gedoen en wat is julle gevoel, bakkie gaan nie werk nie, net rond baie ry in 2spoor paadjies om water te kyk ens.

ek kan n RD28 koop vir R14k...
groete

Re: L28 Na RD28

Posted: 09 Jan 2018 11:21
by Kagiso II
Vir daai geld kan jy sommer 'n TERRANO 2,7 enjin insit en meer krag he EN beter brandstofverbruik.
WAT is fout met die L 28 enjin ?
Kontak vir Reenen Kritzinger per p/m .. hy is die Nissan / Terrano ombouing fundi .. maar Cedric ens sal ook bydrae hê

Re: L28 Na RD28

Posted: 09 Jan 2018 12:22
by ricster
What condition is the RD28 in? R14K doesnt seem too bad if you just want to mission around on a twee spoor pad.

The other alternative is to fit a TD42 motor in there, but that will cost a lot more, but then you will have a beast

Re: L28 Na RD28

Posted: 09 Jan 2018 14:05
by JacoBotes
@ricster
cant really tell you much about the condition of the RD, but I suppose its in fair nick!

not interested in the 42, dont want to spend to much more on the truck and i dont need another beast on the farm... Caterpillar is the beast there!!!

i drop the tire pressures there to about 1.2B and she runs in 4H almost all the time! so i dont really need a powerhouse!

Re: L28 Na RD28

Posted: 09 Jan 2018 14:07
by JacoBotes
ek kort net inligting rondom die conversion:
kort hy net 'n ander bellhousing adapter en engine mounts of is die transplant 'n bietjie meer complicate as dit?

Re: L28 Na RD28

Posted: 09 Jan 2018 14:18
by ricster
Its still early in the year and some people are still on leave, but I'm sure someone will be able to give you some good answers.

Or do as Oom Mac said.....Kontak vir Reenen Kritzinger per p/m .. hy is die Nissan / Terrano ombouing fundi http://patrol4x4.co.za/memberlist.php?m ... ile&u=3014

Re: L28 Na RD28

Posted: 09 Jan 2018 16:00
by Kagiso II
JacoBotes wrote: 09 Jan 2018 14:07 ek kort net inligting rondom die conversion:
kort hy net 'n ander bellhousing adapter en engine mounts of is die transplant 'n bietjie meer complicate as dit?

Selfde belhousing -- jy kan ook verder gaan en die CABSTAR Nissan se 5-spoed ratkas insit. Selfde bell housing [jy moet die g/box mounts en propshafts verander [het dit met LOBO gedoen]

Persoonlik sou ek daai L 28 enjin HONE en n uwe ringe insit [vir onder 5 K ] en daai petrol enjin ghou het [watter carburator het hy op? As dit die NIKKI is .. HOU hom. Vergeet van WEBER conversions

Re: L28 Na RD28

Posted: 09 Jan 2018 16:25
by Tinus lotz
Kry n ander l28 meer soos 5k moet ons reel?

Re: L28 Na RD28

Posted: 09 Jan 2018 17:23
by Alex Roux
Attie van Biljon het destyds my Lexus ombouing gedoen.
Almal wat al saam met my gery het kan getuig, dit was een van baie min suksevolle Lexus ombouings.

So hy is deeglik en jy kry wat jy voor betaal.
Selfde geld vir die feit dat jy van petrol na diesel wil verander. Hy gebruik nuwe pype, nuwe drade, en alles werk weer na die tyd.

Maar eerste prys sal sekerlik wees om op L28 te bly. Baie eenvoudiger operasie.

Re: L28 Na RD28

Posted: 09 Jan 2018 18:22
by Peter Connan
As ek dit nie mis nie het Reenen al so 'n ombouing gedoen.

Maar eintlik stem ek saam met Tinus, jy behoort 'n L28 te kan kry vir dieselfde of minder as die RD28. En dan weet jy alles is klaar reg.

Al pas daai RD28 op die belhousing en die engine mounts kan die conversion jou steeds maklik R30k kos.

Dis al die klein goedjies soos waterpype en elektrieks en dies meer wat mens kom byt.