Page 1 of 2

Nuwe olie dadelik swart?

Posted: 08 Jul 2017 22:14
by Ds J
Goeienaand , hoop en vertrou dit gaan darem goeterig aan julle kante. Lastige vragie: is die volgende normaal?

Ek het die groen skip ('99 GL 4.2TD) vanmiddag gediens. Dit is eintlik net 'n 5000km-diens om olie en filters te vervang. Inderhaas gooi ek toe 10 liter Dello 400 in en hoor dat alles nie pluis is nie, en tap weer 1 liter uit. Ek het die filters ook vervang dat daar geen ou olie in die sisteem kan wegkruip nie. Maar toe ek die ekstra liter uittap was dit reeds behoorlik swart. Kan iemand dit verduidelik asb?

Re: Nuwe olie dadelik swart?

Posted: 09 Jul 2017 07:51
by Michael
Jaap, daar is nisks om oor bekommerd te wees nie......100% normaal.

Daar is eintlik nog so omenby 1L ou olie wat orals in die blok en head wegkruip as mens die olie en filters vervang wat dan weer sue nuwe olie so swart maak. Meeste van daai olie is in die olie cooler en dit sal met elke diens so gebeur.

Re: Nuwe olie dadelik swart?

Posted: 09 Jul 2017 10:37
by Tinus lotz
Let it slide Jaap diesel olie is dik vuil dis hoekom ons dit ruil op 5000 en twee olie filters het :mytwocents:

Re: Nuwe olie dadelik swart?

Posted: 09 Jul 2017 14:45
by Ds J
Dankie, ek het nog baaaie om te leer. Eintlik is ek net bekommerd oor 'n kaboem of breuk wat ek kon vermy het.

Re: Nuwe olie dadelik swart?

Posted: 10 Jul 2017 20:08
by JoshJ
My advies moet wees, koop n petrol. Ek het my 4.8 vrydag gediens. Die naweek gery en die olie is skoon. :lol: :mytwocents:
20170710_185025.jpg
20170710_185025.jpg (1.42 MiB) Viewed 4679 times
20170710_184907.jpg
20170710_184907.jpg (1.63 MiB) Viewed 4679 times

Re: Nuwe olie dadelik swart?

Posted: 10 Jul 2017 20:12
by Rhett
JoshJ wrote:My advies moet wees, koop n petrol. Ek het my 4.8 vrydag gediens. Die naweek gery en die olie is skoon. :lol: :mytwocents:
Ya, Josh, I also envy the colour of my 4.8 oil, even after 8 months, compared to my land cruiser after 1 week. :lol:

Re: Nuwe olie dadelik swart?

Posted: 10 Jul 2017 20:45
by Michael
Ag nee broer.....hoe is jou hart dan nou?? Nog nie eers 4 maande sonder jou diesel dans jy klaar n petrol head!!

Ons mag dalk swart olie he, maar ons kry nie 4km/l nie :lol:

Re: Nuwe olie dadelik swart?

Posted: 10 Jul 2017 20:58
by SJC
Sal 'n minerale olie vinniger swart word as 'n syntetiese olie?
Michael wrote:Ag nee broer.....hoe is jou hart dan nou?? Nog nie eers 4 maande sonder jou diesel dans jy klaar n petrol head!!

Ons mag dalk swart olie he, maar ons kry nie 4km/l nie :lol:
:rolling: :rolling: :rolling:

Re: Nuwe olie dadelik swart?

Posted: 11 Jul 2017 07:08
by Anthony Forgey
I would think it would be the same. Soot is soot, whether its in Mineral or synthetic wouldn't really make a difference.

Re: Nuwe olie dadelik swart?

Posted: 11 Jul 2017 07:56
by Michael
Jip, Anthony is correct.

That's why Delo 400 or equivalent is best for the TD42, it is designed to tolerate the high levels of soot. A synthetic oil is just a waste of money on these engines.