Page 3 of 5

Re: Nogsteeds die overheating probleem

Posted: 09 Oct 2016 12:16
by TIMKEN
Nou net af van Botswana en het weer probleme gehad dat my 4.8 begin warm te word. Kom ek begin by die begin. Ek het n voorste staal bumber opgesit self gebou. Laas jaar op pad uit vanaf Bains in sentraal Botswana sowat 13h00 tempratuur in panne 39 grade het my voertuig begin warm loop. Naald het amper aan die rooi geraak. Afgekoel geen probleme. Ek moet by se ek het n Nf oktaan boost gebryk wat die oktaan verhoog na 98 wat seer sekerlik n impak sal maak op die engin temp. Desember het ek weer die selfde probleme gehad in Pretoria druk verkeer en Rustenburg met my Jurgens exclusive aan, moet se dit was ook om en by 13h00 en buite temp was ook by die 40 grade. Intussen het ek die voertuig laat diens by Grahem het die antifreeze geruil gedink probleme is op n einde. Ek is Moz toe Conqueror Companion gesleep geen probleme. Het die river trip gedoen geen probleme. Is nou Botswana toe weer met Companion gery tot by Elephant sands geen probleme. Ons is Woensdag in by Nata op pad no Kubu eiland toe waar die probleem weer sy kop uit gesteek het. Op lae spoed dik sand en hoë buite temp begin die temp probleme. Op pad terug het ek agter gekom sy loop warmder as normaal op sekere gedeeltes van die pad bulte hoë revs maar nie teveel bekommer nie want as die revs afkom en kry gelyk pad kom die temp af na normaal. Nabetragting dink ek dit mag dalk wees oor die voorste staal bumper wat die airflow mag belemmer. Wat sal die uitwerking wees van n bonnet scoop om te help om van hitte onslae te raak onder die bonnet veral op lae spoed en hoë revs. Sal dit werk of wat se aanbeveelings het julle.

Re: Nogsteeds die overheating probleem

Posted: 09 Oct 2016 17:10
by Wilkie
Het julle nog die oorspronlike manifolds op of het julle branches op gesit,dit kan dalk wees dat die enjin hitte onder die bonnet te hoog word :think: :think: :think:

Re: Nogsteeds die overheating probleem

Posted: 09 Oct 2016 18:05
by TIMKEN
Nog steeds die oorspronklike manifold

Re: Nogsteeds die overheating probleem

Posted: 09 Oct 2016 18:09
by Tinus lotz
Koop n nuwe viscus mater ....hoeveel kilos het joune nou op?

Re: Nogsteeds die overheating probleem

Posted: 09 Oct 2016 18:09
by Peter Connan
Oorverhitting teen lae snelhede dui gewoonlik op 'n probleem by die waaier, viscous of fan shroud Nico.

Maar bumpers kan lugvloei belemmer.

Die probleem met 'n bonnet scoop is daai koue lug kom nie by die radiator uit nie, en jy't nie genoeg spoed om noemenswaardig lug daar deur te suig nie.

Wat ek al gehoor het dalk kan help is om die elektrise waaier vir die air-con so te bedraad dat jy hom met 'n skakelaar kan aansit.

Re: Nogsteeds die overheating probleem

Posted: 09 Oct 2016 19:17
by TIMKEN
118000km. Wat kos n viscous fan.

Re: Nogsteeds die overheating probleem

Posted: 09 Oct 2016 19:29
by TIMKEN
Is dit normaal dat n viscous op nog so lae kilos kan probleme gee

Re: Nogsteeds die overheating probleem

Posted: 09 Oct 2016 20:32
by Tinus lotz
Jong gewoonlik so by 160000 kyk mens na n nuwe een ...muskien jou radiator trek en kyk vir grassaad in aircon een en dalk in radiator....maar as jy stadig ry en warm word is dit viscus miskien feuling maar dalk eerder viscus

Re: Nogsteeds die overheating probleem

Posted: 09 Oct 2016 21:01
by Picasso
Can I please throw a question into the discussions...

The cooling system needs to work the way it was designed including the viscous all the time, every time.

However , would it not make sense to install an overwrite switch as a backup, so that the radiator-fan can be switched manually on and off. ? :think:

Re: Nogsteeds die overheating probleem

Posted: 09 Oct 2016 22:44
by Louis Nel
So gepraat van Manifold, my 4.5 het n TNT Branch op. Maybe add dit ook na my probleem toe, nie daaraan geding nie.
Maar ons gan nou more my timing 5 grade voor TDC draai en kyk wat hy maak.