Maus en 4.8

Engines and Engine Systems
dieselfan
Senior Member
Senior Member
Posts: 314
Joined: 27 Feb 2010 23:39
Full Name: Roy Markham
Nickname: Roy
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: Patrol 4.8
Home Language: English
Has thanked: 2 times
Been thanked: 2 times

Re: Maus en 4.8

Post by dieselfan »

back in the past when it came to tuning nissans MAUS was the best their ff the quietest yet most power. They are THE nissan experts.
User avatar
arnoldh
Full Member
Full Member
Posts: 33
Joined: 17 Jul 2010 14:22
Full Name: Arnold Human
Nickname: Arnold
Home Town: Upington
Current 4x4: 2011 Patrol 4.8 GRX
Home Language: Afrikaans
Location: Upington

Re: Maus en 4.8

Post by arnoldh »

Uhmmmm? Wat is 'n MAF? :think:

Ouens wat moet ek doen en by wie? Ek sit in Upington.

Ek het huidiglik 'n 4.8 Auto met 'n roofrack. Ek kry werk toe en terug 3.8km/l en langpad 4.3km/l. EK het gister vir 400km in die Kgalagadi teen 50km per uur op die kop 4.0km/l gekry sonder waentjie met lee roofrack?

Ek spandeer meer tyd om 'n vulstasie te soek en 'n roete te beplan want my range is op na 400km? Dan raak ek senuagtig?

As ek vanaf Upt Kaap toe wil gaan met die Patrol dan kos dit my in brandstof alleen R5400.

Moet my nie verkeerd verstaan nie - hy ry lekker maar dit raak te duur!
Kalahari THROLLIE
2004 GRX4.8 AT Y61 GU(3)
BFG AT's, Maxe Wrap around stainless Bullbar (I know it is soft, but it looks great)
Hela 1000 (hey! I got it for free) Escape gear
Frontrunner Windcheetah roofrack
Powerflow stainless freeflow
EFS 50mm kit
User avatar
David
Patrolman
Patrolman
Posts: 723
Joined: 17 Dec 2009 12:42
Full Name: David Prinsloo
Nickname: David
Home Town: Stellenbosch
Current 4x4: 2006 Patrol 4.8 GRX
Home Language: Afrikaans
Location: Stellenbosch
Has thanked: 2 times
Been thanked: 48 times

Re: Maus en 4.8

Post by David »

Hi Arnoldh

Die MAF is die Mass Air Flow meter wat werk met 'n fyn draadjie wat warm word en bepaal hoeveel lug die engine insuig - hy vertel dan vir die rekenaar wat besluit hoeveel petrol gegooi moet word om die mengsel reg te hou. Goed soos K&N filters wat ge-olie word beskadig baie keer die MAF want van die olie deponeer op die draadjie wat dan vals lesings gee...

Dis natuurlik nie moeilik om jou syfers na te boots nie - my voet is ook maar swaar - maar ek glo jy moes in die Kgalagadi darem bo 5 gekry het :think:
Ek kry in die dorp so 4.2 en baie dieselfde op die oop pad as ek hier om 140km/h hou maar dit val na beter as 5.5 as ek 110km/h ry.

Die enigste oplossing is maar die free flow en chip maar jy is maar oorgelewer aan die ou wat die tuning doen :mytwocents:

Kosie Swanepoel hulle gee jou 'n 30 dae geld terug waarborg op die chip so miskien moet 'n ou dit probeer?
2006 Patrol 4.8 GRX Tiptronic Y61/GU(4)
ARB Bullbar, BZT rear bar, TJM 2" Suspension, Snorkel, LT 285/70/17 BFG KO2's, 40L Engel

Stop Rhino Poaching Supporter!
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Maus en 4.8

Post by JG Shields »

Arnold, dis die ou storie hierdie. Nissan ken nie hul produk nie anders was jou swak brandstof verbruik lankal opgelos. Jy het nogal invloed in Upington wat dit betref en jy moet dit dalk maar gebruik. Die MAF is die "Mass Air Flow" sensor. Hy woon net agter die lugfilter in die lug-inlaat pyp wat enjin toe gaan.

Die 4.8 se rekenaar (ECU) vermeng inligting wat hy vanaf verskeie sensors en inset instrumente kry onder andere die MAF, jou voet via die brandstof pedaal en die sensors op die uitlaat manifold. Hy vermeng die inligting (met die "mapping" gedeelte waarvan 'n chip juis die inhoud kan aanpas) en besluit dan hoeveel brandstof hy moet deurlaat via die brandstof inspuit stelsel. Indien een van hierdie sensors foutief is of vuil is, kan dit wees dat dit 'n foutiewe lesing na die ECU herlei en die ECU dus 'n verkeerde instruksie na die brandstof stelsel gee.

As ek jy was het ek hierdie probleem redelik aggressief met Nissan opgeneem. Hulle kan nie hul rug op jou billike versoek draai net omdat hulle nie weet nie. Hier's meer skietgoed.

1. Elke sensor kan afsondelik getoets word. Moenie aanvaar dat die CONSULT rekenaar wat hulle gaan inprop die werk gaan doen nie. Hy is hopeloos onvoldoende om behoorlike diagnoses te doen.
2. Hulle kan nie net begin sensors en ander komponente vervang/omruil op 'n duimsuig basis in die hoop dat dit die probleem gaan oplos nie. Dis duur goed. Dwing hulle om 'n fout te kry.
3. Elke sensor het 'n lesing spec. Hierdie specs is op die werkswinkel handleidings beskikbaar. Hulle weet gewoonlik nie veel hiervan af nie.
4. Nissan se ingeneurs in Rosslyn is nogal op die ball. Dwing Nissan Upington om een van daai manne te kry om na jou kar te kom kyk. Hulle moet dit doen as jy dit reg motiveer.

As jou voertuig se beheerstelsel met al sy komponente in balans is, sal jy dieselfde verbruik kry as Wheels se 4.8. Syne klink vir my reg...en die soort verbruik waaraan mens nie verder moet torring nie anders torring jy aan dit wat van die 4.8 maak wat hy is.
Patrol fan!
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Maus en 4.8

Post by JG Shields »

Salman, revs in 5th gear does not equal fuel consumption. Someone once pointed out to me that one of the few design flaws in the 4.8 auto gearbox version is the low revs in top gear. The engine labour too much at those revs hense sub-optimal consumption. I changed my diffs from 8.3 ratios to 4.1 ratios on my 4.8 which saw the revs increasing to 2850 @ 120km/h GPS speed. My consumtion thereafter was 5,5km/l in town and 6 - 6,5km/l constantly on the open road, depending on load configuration. Towing was much better and my power at the robots was monsterous.

Therefore, I am not convinced that the 4.8 manual's consumption will be higher than the auto because of revs. In fact it should be lower.
Patrol fan!
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 93 times

Re: Maus en 4.8

Post by Herrie »

JG check jou ratio 3.8 nie 8.3 nie!!
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
Sias
Senior Member
Senior Member
Posts: 245
Joined: 14 Jul 2009 10:36
Full Name: Sias le Roux
Nickname: Sias
Home Town: Potchefstroom
Current 4x4: None (for now)
Home Language: Afrikaans
Location: Potchefstroom
Been thanked: 3 times

Re: Maus en 4.8

Post by Sias »

JG - waar het jy daai diffs gekry? Ek is ook op soek na 4.1 of hoër want ek sit nou met dieselfde probleem met die V8. Ek dink hy loop teen omtrent 1600rpm teen 120km/h in O/D en het dan geen krag teen die bulte nie.
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Maus en 4.8

Post by JG Shields »

Dankie Kobus...dit was my klassieke fingerfout.

Sias, as ek reg onthou is dit die 4.2 diesel se ratio. Kyk gerus in Max Ellery. Die ratios kom daarin voor en dis sal jou op die regte spoor sit. Iewers sal daar sulke diffs rondle. Bel ook vir Dennis (Mayhem of die forum). Hy sal jou ook op die regte spoor kan sit. Ek het myne by hom gekry.

Jou revs klink egter vir my heeltemal te laag....verskriklik laag. Jy sal nie met 4.1 ratios regkom nie. Maak maar die som. Maak ook die som met 3.8 ratios en kyk waar dit jou gaan uitbring. Dis die 4.8 auto se ratios en sulke diffs behoort ook beskikbaar te wees.
Patrol fan!
Sias
Senior Member
Senior Member
Posts: 245
Joined: 14 Jul 2009 10:36
Full Name: Sias le Roux
Nickname: Sias
Home Town: Potchefstroom
Current 4x4: None (for now)
Home Language: Afrikaans
Location: Potchefstroom
Been thanked: 3 times

Re: Maus en 4.8

Post by Sias »

JG - die 4.8 uoto se diff is 'n 3.54 volgens Ellery. Van die ander modelle se diffs gaan op tot by 'n 4.6.
Ek weet nie wat die nuwe ratkas se verhoudings is nie, dus kan ek nie nou sommetjies maak nie. Ek sal seker so oor twee weke weet, dan kan ek van daar af weer plan maak. Op die stadium gaan dit dalk makliker wees om ander diff-ratios te probeer as om heel nuwe verhoudings in die ratkas te sit...
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Maus en 4.8

Post by JG Shields »

Sias, om die somme te maak het jy net jou werklike snelheid (GPS gemeet) en revs nodig. Dit wil se, as die huidige snelheid 120km/h is @ 1600rpm met 'n diff ratio van bv 4.0, wat moet die ideale diff ratio wees indien ek steeds teen 120km/h @ 2500rpm's wil ry? In hierdie geval is die verskil BAIE groot en dui die somme na 'n diff ratio van ongeveer 2.25 wat jy sal nodig he, iets wat nie bestaan nie. Dit hang dus af watse diffs jy tans in het om te bepaal waar die 3.54's jou gaan uitbring. Jy gaan 10/1 wel ook aan jou ratkas moet verander as jy by die regte ratios wil uitkom.

Ja, ek het seker die 4.8 se ratio verwar. Die 3.54 klink tog reg.

Net 'n vraag. Hoe het dit gebeur dat julle nie hierdie dinge voor die ombouing uitgewerk het nie? Ek het destyds voor die tyd my somme gemaak en presies geweet waar die revs teenoor snelheid gaan staan.
Patrol fan!
Post Reply

Return to “09. Engines”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 11 guests