Page 2 of 2

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 15 May 2018 14:45
by Herrie
Baie dankie vir die fotos Jacques. :thumbup:

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 18 May 2018 14:47
by aceventura
SJC wrote: 15 May 2018 08:32
aceventura wrote: 11 May 2018 20:39
Goedjies wat pla:
geen auto door lock wanneer voertuig in beweging is nie - selfs my 22 jarige Musso het dit gehad :rolleyes:
kan nie bestuurder deur oopmaak sonder om al die deure eers oop te sluit nie :rolleyes:
:welcomewave:


My 4.5grx se deure "auto lock" sodra voertuig aansluit. (ek vind dit bietjie irriterent wanneer mens n trail doen met passasiers wat af en toe wil uit of in klim.)

praat jy van die central locking wat al die deure oop sluit wanneer jy die bestuurder deur oop sluit? :think:
Ek verkies dat al die deure "auto lock" wanneer die voertuig 'n sekere spoed bereik - auto lock wanneer voertuig aanskakel is ook nie prakties nie. Dit lyk my daar is opsies deur 'n aftermarket alarmstelsel in te sit.

Met die bestuurder deur bedoel ek die volgende: as jy al die deure gesluit het (deur die bestuurder se deur te sluit, of die "lock" knoppie te druk), kan jy nie die bestuurder se deur oopmaak sonder om eers
weer te unlock nie. die probleem is sodra jy die bestuurder se deur unlock, unlock al die deure. met ander voertuie kan jy die bestuurder se deur oopmaak sonder dat die res van die deure unlock.

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 18 May 2018 18:30
by SJC
aceventura wrote: 18 May 2018 14:47
Met die bestuurder deur bedoel ek die volgende: as jy al die deure gesluit het (deur die bestuurder se deur te sluit, of die "lock" knoppie te druk), kan jy nie die bestuurder se deur oopmaak sonder om eers
weer te unlock nie. die probleem is sodra jy die bestuurder se deur unlock, unlock al die deure. met ander voertuie kan jy die bestuurder se deur oopmaak sonder dat die res van die deure unlock.
Ja my 4.5 doen dieselfde. Ek stem, dit sou beter gewees het as mens bestuurder deur afsonderlik kan oop sluit.
As ek myne met die remote oop sluit dan sluit net die bestuurder deur oop op eerste druk van knoppie, die moet n tweede keer gedruk word vir ander deure om oop te sluit.
(maar dit is sover ek weet n "aftermarket" stelsel).

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 21 May 2018 20:17
by HazyPatrol
Geluk Jacques,

Ek het al drie Patrols gehad en was oor nie een spyt nie. Eers 'n 3.0 Diesel GL maar die turbo het moeilikheid gegee en is vervang. My vrou was nie gelukkig met die gebrek aan outomaties na ons 'n ML 500 gehad het nie. Toe koop ek maar my eerste 4.8 Patrol 'n 2003 model en daarna 'n 2005 4.8 GRX wat ek nou nog ry. Ek hou boek van al my voertuie se brandstofverbruik en sleep 'n baie swaar karavaan (2050 kg) en geniet die krag. My brandstofverbruik met die karavaan is gemiddeld 3.96 km/liter terwyl my gewone "leeg" verbruik 5.1 km/lit is teen 120 - 130 km per uur.

Die bestuurder se kontroles vir die vensters het 'n sentrale sluitstelsel in vir al die deure. Heel voor regs op die paneel.
Die ander tierlantyntjies wat ander voertuie in het kom nie by die "breek nie -gevoel" wat jy beleef met 'n Patrol.

Ons kom nou net terug van 'n 3000 km toer deur Pondoland waar drie Patrols , 2 LandRover Discoveries, 'n Toyota Raider en ook 'n Honda CRV deelgeneem het. Die CRV het gesukkel om by te hou maar te verstane.

Die diesel Landies was nie soveel ligter as ons petrol Patrol nie veral as ons die aansienlike prysverskil in die aankooppryse in gedagte hou.

Geniet jou Patrol, en onthou "Brandstof is die kleinste inset in die totale koste van voertuiggebruik en -besit".

Laeveldgroete,


Izak Fick

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 23 May 2018 21:53
by aceventura
Dankie almal!

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 24 May 2018 08:42
by hugejp
Het jy al met hom gaan speel??

Re: My eerste van baie (Die Patrol)

Posted: 27 May 2018 09:23
by Reenen
My 4.8 se deure skuit almal oop as jy remote druk, of unlock knoppie binne kar. As ek met sleutel oopskuit, sluit net die bestuurder deur oop.
As jy binne voertuig is, en sluit die bestuurder deur oop, bly die ander gesluit.

My navara se sleutel het alles oopgesluit met eerste druk, maar toe verander ek dit in sy programering dat jy eerste druk net bestuurder oopsluit, en met 2de druk almal.
Ek wonder of dit nie met patrol ook net oor geprogrameer kan word?