Dagse almal!
Ek het gedink om gou weer bietjie EGT en Coolant syfers te gee, vir die van julle wat 'n conversion oorweeg, of sommer net vir interessantheid. Die MADMAN inligting verstom my steeds, wanneer ek kyk na die instrumentepaneel se naalde wat op een plek bly staan, terwyl die ware temps groot skuiwe maak! Ek is dankbaar oor die vroee waarskuwing, want daarsonder sou daar beslis geleenthede wees waar ek die volle kragspektrum gebruik en te warm hardloop!
Onthou my kar is 'n 1998 4.2D, met klein turbo (T2.8/T3), top-mounted intercooler, Tombo radiator, free flow 3" exhaust. Die conversion is in twee fases deur Michael gedoen, minder as 2 jaar gelede. Ek het ook aan die onderkant van die bull-bar 'n grassaad-net, en twee spotlights wat die lugvloei beinvloed.
Oor die algemeen ry de kar baie lekker met oorgenoeg krag wanneer ek iets wil verbygaan. Off-road en grondpaaie hoef ons nie eers oor te praat nie. Selfs met die 2" lig en Mud Terrains is die rit gemaklik.
Vandat ek die eerste goed herstel het, is die probleempies min en ver tussen-in.
OK, die syfers:
1) Koel nag, geen aircon aan. Spoed 120-130km/h: EGTs 380-420. Coolant 80-82
2) Warm dag (40C), aircon aan, vol mense en bagasie + klein 5vt bagasiewaentjie, teen 'n lang styl bult op (Patatasnek uit Schoemanskloof in Mpumalanga): Moes onder 110km/h teruggaan 4de toe, dan weer onder 90km/h teruggaan 3de toe om die EGTs onder 600 te hou. Uiteindelik die bult uit in 3de. EGTs 600+ gepiek. Coolant 100.
Ander lang slap bulte op die N4 het my soms uit 5de gedwing, sodat ek hul in 4de teen 90-100km/h moes ry.
(Die rede hiervoor is my turbo se kleiner exhaust kant, glo ek en 'n paar ander manne, maar daarvoor kry ek op 1800revs al baie krag)
3) Koelerige dag (onder 30C), baie swaar beeswa gehak (800kg). Ek sleep hom in 4de teen 100km/h.
a) Sonder vrag met die aircon af. EGTs 500. Coolant 90.
b) Met 600kg lammers gelaai (dus 1,4t sleep), aircon aan. EGTs 530. Coolant 95.
- Die beeswa gehak
OK, lekker dag vir almal op PATROLlie!
Christoph