Page 2 of 12

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 20 Feb 2017 14:52
by Michael
Christoph

Baie jammer om te hoor van die gebeurtenis, ons hoop sam met jou dat daar nie groot skade is nie.

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 20 Feb 2017 16:57
by Tinus lotz
Ek klink al weer soos n opwen orrel maar invest in n madman .....dit ga vir jou baie geld spaar in die long run ....en dan is jy reg vir wanneer die turbo kom ....oom loodt se 4.2 het n madman op en n mens skrik as jy sien waar die egts heen gaan .....at least weet jy as die water laag raak..... :salute:

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 20 Feb 2017 17:00
by Tinus lotz
Waar kry jy n radiator by nissan?

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 20 Feb 2017 19:17
by Peter Connan
Ek hou duim vas.

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 21 Feb 2017 10:04
by Rudolph
Dit is nou 'n slegte ene die, sterkte met die regmaak, hoop nie daar is groot skade nie.

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 23 Mar 2017 07:29
by ces
Dagse almal,

Ek het nog nie inligting oor die toestand van die enjin na die oorverhitting nie. Die proses om parte te kry vir die paar goedjies wat ek intussen wou regmaak is BAIE frustrerend!

In kort:

Waaier lem -
My kar se VIN nr wys 4.2D enjin op die stelsel. So, ons het daarop parte bestel (ongeveer 15 Februarie al). Aangekom, toe pas die waaier lem ("fan blade") nie. Hul het nou met die oog gemeet op 'n 4.2D bakkie van Eskom, en op daardie voertuig se specs een bestel, hoop hy pas. ETA 6 April (het gevra of dit 1652 is)

Seel op alternator -
Ek het die al laaste week Desember by die plaaslike Auto elektrisien bestel. Hy werk gewoonlik deur Isuzu agentskap vir ons en hul alternators, maar na hul twee keer die verkeerde seel gestuur het (OD en ID reg, maar nie regte vorm nie), het hy 'n plan gemaak met 'n seel en o-ring. Ek en Arrie (John du Toit Nissan se werkswinkel bestuurder) was nie tevrede nie, en het besluit om self by Nissan die seel te bestel. En dis toe waar dit interessant raak... Op my kar se Vin Nr wys 'n 4.2D waar die vakuumpomp op die enjinblok sit. In die enjinkamer sit 'n 4.2D waar die vakuumpomp op die alternator sit. Nou dink ek die kar het nie meer sy oorspronklike enjin in nie - daar is ook op die bonnet tekens van 'n "scoop" wat verwyder is. Ek kontak toe gister vir Ronnie, die vorige eienaar, en hy se die "scoop" is twee eienaars terug se idee van cool gewees?! :rolleyes: Hy is ook doodseker dat die voertuig 'n 1998-99 4.2D is, nie 1997 soos verkeersdept reken nie. Ook is hy seker dat dit oorspronklik 'n 4.2D is, oor die dromme op die brieke agter, want in Europa is dit die enigste enjin-weergawe met sulke brieke. En dan verseker hy my dat die 4.2D Patrols van 1998-99 wat hy al besit het (blykbaar vele) almal hul vakuumpomp op die alternator gehad het. By John du Toit Nissan is dit die eerste 4.2D Patrol enjin wat hul sien met die vakuumpomp daar...
So, wat hul nou gedoen het, is om 'n seel te bestel wat op die 2.7D se alternator pas, omdat hul seker is hierdie een se vakuumpomp sit op die alternator. ETA 24 April!!!!! En dan hoop ons dis die regte een. :thumbdown:

Lyk vir my of iemand met die oorspronklike invoer van die kar die verkeerde enjin variant op die stelsel gekies het. Dis ongelukkig al iets soos 4 eienaars gelede, so sal onmoontlik wees om te "trace". E-news (die stelsel wat Nissan gebruik vir geskiedenis navors op voertuie) het slegs inligting vir voertuie 10 jaar en jonger. Nadat ek met Ronnie gepraat het, dink ek egter dat die kar dalk net nog sy oorspronklike enjin in het.

Lang storie kort, ek is GATVOL gewag. Intussen knaag die vraag oor die enjin se toestand aan my... Hy loop, klink nie snaaks nie, maar ek wil meer sekerheid he oor wat daar binne aangaan.

Ek het gister met Arrie gepraat en gevra dat hul nou maar eers die ou parte moet terugsit sodat ons die enjin kan laat loop en 'n kompressietoets doen.

Het julle slim ouens enige raad met die onderdele?!

Christoph

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 23 Mar 2017 17:34
by Tinus lotz
Mater jy gaan groot geld by nissan verloor wil jy n vin no hê om spares op te bestel ? Sal vir jou my bakkie sin stuur of miskien kan Michael syne vir jou gee dan weet jy vir kosmetiese parte ook

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 23 Mar 2017 17:38
by Tinus lotz
Wat ek probeer sê is n viscus coupling en n nuwe fan by marinus ga jou R2500 kos omtrent daar rond waar jy n viscus by nissan 4.5k kos kyk op terrain taimer se site

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 23 Mar 2017 18:49
by Peter Connan
Net ryk en geduldige mense koop hulle onderdele by Nissan.

Hier op die forum is baie info oor alternatiewe verskaffers.

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 23 Mar 2017 19:02
by Tinus lotz
As jy jou verkoeler wil vervang hulle kos so 4000 plus vat :salute: by tombo jy moet net vra