Project "LASARUS"

Showcase your baby
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3452
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 155 times
Contact:

Re: Project "LASARUS"

Post by Kagiso II »

Hiepie heppie hiepie hiep-hiep hoerrrrrrraaaaaaaaaaaa !!!
JG - dis nou stof tot groot dankbaarheid - ek is baie bly vi jou part - NOU vir ek en Agarob wat dieselle pad moet loop.
Ek het tot gisteraand nog STERK oorweeg om 'n Lexus V8 daar in sy bek te gooi - maar net vanoggend besluit om ook die 4.8 roete te volg - en kyk nou net, to eek hier inloer om jou te nooi vi koffie en "koppe bymekaarsit" lees ek hierdie baie goeie nuus.
So - die KOFFIE breek is aan en die saampraat - en ja, Agarob gaan 4,8 word ..
Intussen - ek lees nie raak wat jy met Lasarus se diffs gedoen hety nie - het jy verander na die 4.8 s'n - of het jy standaard gehou??

BVD
Oompie
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 4 times

Re: Project "LASARUS"

Post by Pieter du Toit »

JG,

Man dis lekker en mooi as n man se Patrol weer terug in jou "yard" staan. Toe my turbo verlede jaar gegaan het was ek en my vrou albei siek teen dag 3 toe my kar nog nie terug is by die huis nie!!! Die Patrol is amper so kosbaar soos my kinders!!

Jou kar lyk baie mooi en ek is seker jy gaan hom ter dee geniet en waardeer - hou die blink kant bo en die stink kant onder!!! QQQ :woo: :lol:
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Project "LASARUS"

Post by JG Shields »

Oom Mac,

Ek het vir jou 'n PM ook gestuur. Ek is aangenaam verras om van Oom se besluit te hoor. Dalk is ek net verras omdat ek nie soos 'n drenkeling alleen op 'n eiland gaan voel nie...ha...ha...

Twee dinge is seker ivm die oorskakeling vanaf diesel na 4.8 petrol wat ek gedoen het.

1. Die Patrol bakwerk leen homself baie beter tot die oorskakeling as wat ek aanvanklik gedink het. Dit kan beslis suksesvol gedoen word. Daar is egter slaggate en voorwaardes wat mens baaaie geld kan kos as jy dit ignoreer. Ek het in enkele gate getrap en agtergekom hoe gelukkig ek was om ongesiens ander slaggate mis te ry.

2. Ek sal beslis 'n paar dinge anders doen as ek weer dieselfde projek moet aanpak. Dis nie drastiese dinge nie, maar dit sou my tog gehelp het om tyd, geld en onsekerheid te spaar.
Patrol fan!
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 14 guests