My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Showcase your baby
User avatar
Steele
Senior Member
Senior Member
Posts: 273
Joined: 03 Jun 2020 18:29
Full Name: Gareth Steele
Nickname: Steel
Home Town: Jhb
Current 4x4: Patrol 3.0 CRD 2014
Home Language: English
Has thanked: 88 times
Been thanked: 62 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Steele »

Arnolg wrote: 06 Jun 2025 15:00 Grootste diens ooit!

Ek het nou al vir 'n jaar lank gesit met klein goeters wat my gepla het aan die Patrol. Van hulle is klein, van hulle dink ek is eintlik groot, maar waneer jy jou kop in die sand druk is alles klein.

Ek het 'n lys gemaak van alles en dit vir Anthony gegee, met die idee dat hy by meeste van die goed sal kan uitkom.

Wat ek teruggekry het is 'n splinternuwe Patrol wat heeltemal anders bestuur as voorheen, op 'n baie goeie manier.

Hier is alles wat gedoen was.

1.Die starter het begin skree - recon.
2.Die agterste skokbrekers was moertoe - replace.
3.My deure wou nie meer sluit met die central locking nie - vervang die solenoids.
4.Die bushes op my radius arms was moeg en ook die verkeerdes vir 'n 50mm lift - vervang met castor correction bushes. (ek het drop bokse van Peter, maar ek het gehoop ons kon sonder hulle klaar kom sodat ek nie op klippe hang nie - sal hulle hou vir 'n ander dag)
5.Check al die olies orals - gecheck en transfer olie vervang.
5.1 Filters en sparkplugs - gedoen.
6.Kragstuur vloeistof vervang met nuwes.
7.Een of ander voeel of muis het probeer nesmaak in die radiator - maak skoon.
8. Speling op die waterpomp - vervang.
9.Agterste regter trailing arm se bush was kaput - vervang
10. Grease al die grease goete - gegrease
11. Die kar het wild na regs geswaai as mens hard briek - maak die slide pin reg en vervang die boots.
12. Die klein parkeer liggies se LED globes was ook moertoe. Dit het gelyk asof ek 'n polisiekar was met die ge-flikkery - vervang
13. Verstel die handbriek - geverstel
14. Die brieke was verskriklik sag - brieke gebloei.
15. Kodeer 'n nuwe sleutel omdat ek net een gehad het - nuwe sleutel ge-kodeer.

Die ding wat my verbaas het is dat meeste van die goed in die lys self deur Anthony opgetel is omdat hy so blerrie deeglik werk. Ek het oorspronklik net 'n paar goetjies gehad om te doen. Die ding is, Anthony het al die BELANGRIKE dinge opgetel wat sou breek as mens nie dit aandag gegee het nie.

Nadat ek weer die Patrol by hom gaan haal het, kon ek nie glo dat dit nog dieslefde Patrol is nie. My eerste ding waaraan ek gedink het was dat dit voel asof al 4 wiele nou heeltyd op die pad was.
Dit het ook nie meer gevoel asof die kar my wou doodmaak as ek briek nie.

Daar is 'n dokumenter op Netflix wat gaan oor die Amerikaanse Thunderbirds. Dis klomp vlieeniers wat gevaarlike toertjies doen.
Die een ding waaraan hulle aandag gee is "Blind trust", anders vrek hulle almal.
Ek kan nou met volle vertroue se dat ek vir Anthony enige dag met 'n Patrol kan "blindly trust".

Die rocksliders is volgende en dan 'n klein verassingtjie aan myself van myself, al die pad van die Kaap af. Ek sal fotos opsit wanneer die verassingtjie klaar is.

Anthony is tops! Always thorough proper work done by him! :salute:
Cheers, Gareth
I think, therefore I am........ I think?!?!?!
User avatar
Arnolg
Full Member
Full Member
Posts: 43
Joined: 07 Jul 2021 10:15
Full Name: Arno le Grand
Nickname: Arno
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 2006 4.8 GRX Auto
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 19 times
Been thanked: 33 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Arnolg »

Ek't vir my 'n Vratvark 2 in die hande gekry met die lisensie van die 4x4 forum af.
Dit plus die magmount antenna en die mikrofoon storie behoort ons nou gesort te wees vir om mense te kan antwoord as hulle erens vassit.

Ek sien daar is 9? ORRA kanale klaar geprogrammer op die toestel, maar niemand praat op hulle nie, so ek kan nie toets of hy reg ingestel is nie.
Ek vermoed ek sal eers in Augustus kan sien of dit werk of nie.

My persent "pakkie" behoort oppad te wees van Malmesburry af. Ek vermoed so omdat die courier my per ongeluk gebel het in plaas van die mense waar hulle dit moet oplaai.
Die volgende twee naweke behoort vol aktiwiteit te wees om alles op die voertuig te kry wat ek graag wou he voor Augustus se rivier trip.
User avatar
ChristoSlang
Patrolman
Patrolman
Posts: 898
Joined: 07 Apr 2009 16:54
Full Name: Christo van Rensburg
Nickname: ChristoSlang
Home Town: Pretoria, ZA
Current 4x4: Nissan 4.2 GL Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Garsfontein, Pretoria
Has thanked: 29 times
Been thanked: 136 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by ChristoSlang »

Yep, daar is nege ORRA kanale wat drie frekwensies gebruik - sommige met "tone" en ander sonder "tone".

Dit is Engelse "tone", soos hier verduidelik: "The "tone" is a CTCSS (Continuous Tone Coded Squelch System) that when used will only allow that specific transmission to open the squelch on a receiver." Dus bly die radio stil as iemand ander op die frekwensie gesels maar nie die "tone" sein saamstuur nie.

Ek vind heelwat aktiwiteit op die kanale, 'n mengsel van plaaslike buurtwag groepe, afleweringsdienste, ens...
Christo (the snake man)
1998 4.2 GL Patrol (Chuck Norris)
2007 350Z twin-turbo coupe (Batmobile)
Image
User avatar
Arnolg
Full Member
Full Member
Posts: 43
Joined: 07 Jul 2021 10:15
Full Name: Arno le Grand
Nickname: Arno
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 2006 4.8 GRX Auto
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 19 times
Been thanked: 33 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Arnolg »

En hier is wat die naweek gebeur het:


Eers moes ek my gewone bumper afhaal:
20250704_091719.jpg
...en toe die nuwe een opsit:
20250704_092415.jpg
...en toe sien dat die blink swart plastiek grill nie mooi lyk nie:
20250706_142313.jpg
...en saam met die geverfde grill
20250706_142334.jpg
Nou moet ek nog net daai mis-ligte koppel
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6143
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1125 times
Been thanked: 1038 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Peter Connan »

Daai is regteg 'n fraaie buffer Arno!

Ek is net effe bekommerd oor daai recovery punte. Dink mens gaan hulle dalk raakry.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Arnolg
Full Member
Full Member
Posts: 43
Joined: 07 Jul 2021 10:15
Full Name: Arno le Grand
Nickname: Arno
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 2006 4.8 GRX Auto
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 19 times
Been thanked: 33 times

Re: My nuwe ou Patrol 4.8 GRX 2011

Post by Arnolg »

Ja nee, hulle steek effe uit aan die voorkant.

Ek het vanoggend gesit en dink of dit 'n goeie of 'n slegte ding sal wees.

Aan die eenkant maak hulle die approach angle minder, maar aan die ander kant weet ek as ek hulle tref ek dalk 'n ander lyn moet kies.
Ek dink ook omdat hulle rond is, hulle nie noodwendig gaan vashaak aan 'n klip of muur nie, maar eerder net die voorkant oor die obstacle laat rol.
Ek wil eerder dat daai punte dan die kontak maak as wat die hele bumper doen. Hulle is redelik dikker as die res van die bumper.

Ek dink aan iets soos as mens Koos se klip op Mogatle doen, waneer mens opry kan hulle dalk raak aan die onderkant van die klip soos mens regmaak om boontoe te ry. Dis dalk genoeg rede om dit dan eerder nie te doen nie :lol:
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests