Reenen,
Ek dink die chip "praat" ook met die deel van die ECU wat die Turbo reguleer. Ek dink nie dis 'n kwessie van dat die chip net meer diesel will gooi nie.
Ek was hierdie afgelope Paasnaweek Vergelee (200km noord van Vryburg en 170km grondpad wes van Mahikeng) en daarna ook Vryburg toe om ou skool vriende (wat ek laas in VHS in St8, 51 jaar gelede, gesien het) te gaan kuier. Ek het die RTT afgehaal maar die 4 x roofbars (vir die tent en die roofrack) op gelos.
Met 285/70 x 17 MTR bande en 'n spoed van so om en by 110kph (speedo en GPS stem nou mer 285/70 bande omtrent 100% ooreen) was my eerste tenk se verbruik 10.48lt per 100 km (9,54km/lt) en my 2e tenk se verbruik 10.52 lt per 100km (9.50km/lt). Ek dink dis uitstekend vir my 3.0 Di... My EGT lesing het maks na omtrent 560/570 grade toe gegaan en meeste van die tyd in die 450 grade se omgewing gekuier!
Dit sou nie moontlik gewees het as die chip net vra vir meer diesel nie..... dis my redenasie