Page 4 of 4

Re: ZD30-DI changes to ZD30-CRD

Posted: 17 Aug 2018 14:05
by ces
Dagse almal,

Ek weet ek krap 'n ou topic oop...

'n Oom wat vir die beste deel van sy werkende lewe 'n Bosch Service Centre gehad het, vertel my die volgende oor die DI enjin se probleme - na ek hom van my 4.2D vertel het!

Nissan en Isuzu het dieselfde Injectorpomp gebruik daai tyd. Nissan se blikbrein was op die pomp gemonteer, Isuzu s'n eenkant. Nissan enjins het die probleme ervaar met "overfueling". Sy verklaring: Wanneer die pomp warm raak, en jy ry byvoorbeeld 'n styl bult uit, reageer die pomp korrek met die meer brandstof wat hy injectors toe stuur (soos jy die pedaal dieper trap). Wanneer jy egter anderkant afgaan en jou voet van die pedaal afhaal, reageer die pomp se blikbrein nie soos hy moet nie: hy bly baie diesel stuur injectors toe. Soms is dit dan katastrofies... Hierdie was blykbaar vir 'n ruk 'n besprekingspunt onder die Bosch-manne.

OK, dalk het ek jou nou iets vertel wat jy weet. EN dalk stem jy nie saam nie. Soos ek se, dit was sy opinie, net vir interessantheid!

Lekker PATROLlie ry...
Christoph

Re: ZD30-DI changes to ZD30-CRD

Posted: 17 Aug 2018 15:39
by ricster
Any info is valuable info !!! :thumbup: