Page 1 of 3

BIGGEST NISSAN PATROL GET-TOGETHER

Posted: 02 May 2017 16:51
by Faan
Ek is steeds ontnugter, verras en verbaas met die hoeveelheid lede (Patrol-eienaars) op hierdie forum.

Moet ons nie een Saterdag of een Sondag n Patrol-byeenkoms op n sentrale plek reel nie? (Pretoria, Bloemfontein, JHB, Colesberg of waar ookal)

Dit sal fantasties wees as daar soveel as moontlik Patrolliemotors bymekaar kom op n oop veld (Bring en braai).

Net n idee

Re: BIGGEST NISSAN PATROL GET-TOGETHER

Posted: 02 May 2017 16:59
by offroadbiker
Die ding met so n "sentrale" byeenkoms is dat 95% van die ouens gewoonlik van Gauteng kom en 5% van die Kaap.
Dan ry 50 Patrols 800km na bv Gariep en 5 van die Kaap. Niks teen die Capies nie maar dit maak ongelukkig nie regtig sin uit daai oogpunt om n Nasionale byeenkoms te reel nie...

My siening laat ons hoor wat se die ander manne.

Re: BIGGEST NISSAN PATROL GET-TOGETHER

Posted: 02 May 2017 17:01
by offroadbiker
Ons het n beplande outing vir langnaweek in Junie by 3 provinsies... hoe sentraal is dit???

Re: BIGGEST NISSAN PATROL GET-TOGETHER

Posted: 02 May 2017 17:22
by Peter Connan
Faan, die grootste wat ons nog reggekry het, was 64 karre.

Dit was by die 60ste verjaarsdag van die Patrol, toevallig by die einste 3 provinsies wat Dirk hier bo genoem het.

Re: BIGGEST NISSAN PATROL GET-TOGETHER

Posted: 02 May 2017 19:38
by Alex Roux
offroadbiker wrote:Ons het n beplande outing vir langnaweek in Junie by 3 provinsies... hoe sentraal is dit???
Wel die ouens van Richards baai kan dan bywoon
En dis 'n lekker gesellige plek.

Faan, jy sal dalk te jammer wees vir die "tupperware" om jou kar om daar te ry.
Maar mens kan nog steeds saam kuier daar, en as ons klippe ry, kan jy jou kar by die kamp los as jy wil.
Baie mooi uitsigte van die berge af waar mens opry.

Re: BIGGEST NISSAN PATROL GET-TOGETHER

Posted: 02 May 2017 19:56
by TijmenvdS
Alex Roux wrote:
offroadbiker wrote:Ons het n beplande outing vir langnaweek in Junie by 3 provinsies... hoe sentraal is dit???
Wel die ouens van Richards baai kan dan bywoon
En dis 'n lekker gesellige plek.

Faan, jy sal dalk te jammer wees vir die "tupperware" om jou kar om daar te ry.
Maar mens kan nog steeds saam kuier daar, en as ons klippe ry, kan jy jou kar by die kamp los as jy wil.
Baie mooi uitsigte van die berge af waar mens opry.

Dan nooi ons die die Noddy karretjie saam (fj cruiser). Dan kan Oom Faan saam hom ry. :rolling:

Re: BIGGEST NISSAN PATROL GET-TOGETHER

Posted: 02 May 2017 21:01
by Tinus lotz
Daai is n plan kom ons werk daaraan :thumbup:

Re: BIGGEST NISSAN PATROL GET-TOGETHER

Posted: 03 May 2017 06:33
by Alex Roux
Soos ek dit het is die 16 Junie naweek uitgesit vir Drie Provinsies
Wies nou weer Kamp Kommandant?

Re: BIGGEST NISSAN PATROL GET-TOGETHER

Posted: 03 May 2017 07:06
by offroadbiker
Daai is ekke ma tot op datum was die terugvoer vir daai naweek amper nie bestaande...

Re: BIGGEST NISSAN PATROL GET-TOGETHER

Posted: 03 May 2017 07:43
by Wilkie
My naam is klaar op die lys ...ek gaan saam :thumbup: :thumbup: :thumbup: